Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 6 SEPTEMBER 2015

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 Sentraal Afrika Tyd in Afrikaans en om 08:30 Sentraal Afrika Tyd in Engels landswyd 'n nuusbulletin uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Vir Echolink-luisteraars is daar 'n herleiding deur ZS0JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se webblad.

Hierdie oudiobulletin kan van die Liga se webblad by www.sarl.org.za afgelaai word. 'n Teksweergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin hierdie uitgawe van SARLNuus met twee stil sleutels.

Dit is met leedwese dat ons verneem het dat Paul Potgieter ZS6PSP, vroëer in die week oorlede is. Paul was bekend as 'n aktiewe amateur maar het gesukkel met sy gesondheid die afgelope paar jaar Ons betuig ons diepste meegevoel met sy vrou sy familie en vriende.

Dit is met leedwese dat ons kennis neem van die skielike afsterwe van OM Jopie van Lill verlede week, ZS6JVL. Hy was vir jare betrokke by die Oos Rand Radio Klub. Ons betuig ons innige meegevoel met sy vrou Anett.


POUSE


In die nuus vandag.

HAMNET BEPLAN n NASIONALE OEFFENING

ZS4SRK GENIET 50 JAAR VAN PRET

NASIONALE VELDDAG VOLGENDE NAWEEK

AMATEUR AMA SEIN OP GETEL BY DIE KAT-7 RADIO TELESKOOP BY DIE VKO TERREIN


Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuus items.

** HAMNET beplan ʼn nasionale 24 uur kommunikasie oefening aan die einde van Oktober 2015. Hierdie is die 4de weergawe van die HAMNET kommunikasie oefening wat vroeër as ʼn winter oefening gehou was. Die oefening sal gehou word vanaf 12:00 op 24 Oktober tot 12:00 op 25October 2015.

Soos in die verlede moet spanne wat deelneem uit 4 lede bestaan, met die spanleier en tenminste helfte van die span lede van HAMNET wees. Spanne mag hulleself op enige plek ontplooi terwyl HAMNET so veel nood sentrums moontlik wil ontplooi. Soveel inskrywings moontlik word verwelkom met 'n eerste daar, eerste geholpe basis om te verhoed dat spanne te na aan mekaar ontplooi. Spanne word aangemoedig om plekke van ontplooiing te kies wat interessant en verwyder is van hulle normale plek van operasie.

Die tema van die oefening is “black out” waar alle stasies operasioneel moet wees sonder die gebruik van normale elektriese toevoer, insluitend radio toerusting, ligte, kook en ander geriewe. Onthou dat hierdie oefening nie 'n kompetisie is nie. Hierdie oefening het ten doel om spanne die geleentheid te gee om hulleself en hulle praktiese uitvoerbaarheid te evalueer.

Die oorhoofse sukses sal geëvalueer word t.o.v. die samewerking tussen spanne. 'n Nuwe konsep hierdie jaar is prioriteits boodskappe, op verskeie tye gedurende die oefening sal 'n span versoek word om 'n boodskap na 'n ander span te herlei. Die boodskap en die inhoud daarvan sal nie bekend wees nie en spanne moet enige metode gebruik (selfone en telefone uit gesluit) om die boodskap aan die ander span deur te gee.

Die sluitings datum is einde September om organiseerders die nodige tyd te gee om finale voorbereidings vir die oefening te doen. Die inskrywingsvorm moet voltooi word en dan per epos aan Grant by grant@saao.ac.za gestuur word. Inskrywingsvorms is beskikbaar op www.sarl.org.za, kliek op HAMNET in die linkerkantste kolom.

Die hartlike dank van die bestuur en lede van HAMNET Gauteng Suid divisie word hiermee gegee aan Martin Nortman ZS6TMN en sy XYL Mina ZS6MNT vir die geldelike bydrae vir die wiele en as vir die HAMNET sleepwa.

HAMNET Gauteng Suid vergader op die eerste Donderdag van elke maand by die Oos Rand Radio Klubhuis in Arrowe Park Benoni.

Vir meer inligting kan Chris Gryffenberg ZS6COG gekontak word.


** Die 50 jarige amateur radio fees was 'n reuse sukses! Tydens die geleentheid het die amateurs 'n monster grootte multi-golf 160m antenna gespan. Dit is op die lug getoets en alle kontakte met ZS50SRK sal met 'n geleentheid QSL kaartjie beloon word.

Die fees was so 'n reuse sukses, dat die klub nou 'n gelukstrekking van stapel stuur.
ZS4SRK hou 'n gelukstrekking (tombola) wat twee radio amateurs baie gelukkig sal maak. Gaan na ons webwerf wat spesiaal vir die geleentheid geskep is by WWW.ZS50SRK.CO.ZA . Volg die skakels na die tombola. Daar is 2 pryse op die spel: eerste prys is 'n "Anytone AT-3318 dubbel band hand radio ter waarde van R1499. Die tweede prys is 'n Sentinal vertikale antenna met 6dBi wins vir die 2m band, reeds gestem vir 145MHz ter waarde van R1000. Ons bedank ook die borge RFI en Wicard(Pty)Ltd vir hulle bydra. Die sluitingsdatum is 50 dae vanaf 5 September tot 25 Oktober 2015. Baie dankie aan al die mense, besoekers, en organisasies wat hierdie dag 'n sukses kom maak het!


** Die tweede been van die Nasionale Velddag vind plaas vanaf 10:00 UTC op Saterdag 12 September tot 10:00 UTC op Sondag 13 September 2015 met foon, gelykgolf en digitale (PSK en RTD) werking op 160, 80, 40, 20, 15 en 10 meter. Deelname kan wees as Klas A - Veldstasie, Multi-operateur of Klas B - Veldstasie, Multi-operateur QRP of Klas C - Veldstasie, Enkel-operateur of Klas D - Veldstasie, Enkel-operateur QRP of Klas E - Ultralig Draagbaar of Klas F- Algemene stasie.

Uitrusting vir die Veldstasies mag slegs in die 24 uur voor die aanvang van die kompetisie opgerig word. Hierdie beperking geld slegs vir die antennas, maste, torings en send/ontvang toerusting, maar dit sluit akkommodasie soos 'n karavaan, tente, ens., uit. Die uitruiling is 'n RS(T) verslag, die hoeveelheid senders, die Velddag klas en die provinsiale afkorting. Logstate, slegs in ADIF, Cabrillo of MS Excel formaat en genaamd "roepsein NFD" - moet teen middernag 20 September 2015 aan zs4bfn@gmail.com gestuur word. 'n Foto(s) van die stasie in aksie moet die logstaat vergesel. Raadpleeg ASSEBLIEF die 2015 Blouboek vir die volledige reëls.


** Leon Korkie, ZS1MM, van Denel Overberg Toetsbaan het ons ingelig oor ʼn interessante AMA toets wat gedoen was op 1296 MHz in samewerking met Dr. Lindsay Magnus op die KAT-7 radioteleskoop met ʼn wins van 44,3 dB.

Aan die versendings kant het Leon sy roepsein op ʼn baie stadige Morse gestel wat ongeveer 2 tot 3 sekondes per dot was omdat dit die kortste integrasie tyd was van die ontvangers. Leon het gebruik gemaak van 'n Rhode & Swartz sein generator, wat in 'n 10 Watt versterker via 'n 25 meter lange half duim heliax gevoer was om die versterker so na moontlik aan die antenna voerpunt kon wees. Die toevoer was op 'n 15 voet auto opsporing antenna geplaas wat na die maan gerig was gedurende 'n tydvak waar daar min son op die maan geskyn het om die geraas so min moontlik te kon hou. Daar was 'n baken wat ook na die maan gerig was wat 'n mate van inmenging veroorsaak het, maar om dit te oorkom het Leon 'n bietjie hoër op in die band gewerk.

Dr. Lindsay Magnus het die ontvangs van die sein met 'n vol skaal kaart opname bevestig en op die selfde tyd die inmenging van die baken op 1296,000 MHz bevestig vanaf Ariceibo, Puerto Rico.

Hoeveel van ons is bewus van die feit dat nadat Karl Jansky per toeval radio uitstralings vanaf die middelpunt van die melkweg op 20 MHz ontdek het dat dit radio amateurs was wat pioniers werk in radio sterrekunde wetenskap gedoen het. Grote Reber, W9GFZ, het die radio lugweë in die noordelike halfrond gekaarteer, en het aangehou daarmee deur Wêreld Oorlog II, hy het van 'n tuisgemaakte skottel antenna gebruik gemaak op 'n frekwensie van 160 MHz.


Jy luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga.

**Let asb. daarop dat die SARL beplan om onderhoud op die IDV stelsel te doen. Die SARL se web fasiliteite sal gedurende die tyd nie beskikbaar wees nie.

Verseker asb. dat die SARL News en SARL Nuus bulletins betyds uitgestuur en gepubliseer word om onderbrekings te voorkom.
Die onderhoud sal vanaf 22:00 op Saterdag 19de September tot 05:00 op Sondag 20ste September 2015 plaasvind


**Geoff Levey ZS6C doen ‘n beroep op alle persone verantwoordelik vir die verskeie kompetisies om hom in kennis te stel van enige veranderings aan die beplande kompetisies vir 2016, met spesifieke verwysing na epos adresse. Jy kan n epos stuur aan contest@sarl.org.za met details van die veranderings.


** Saterdag 19 September is die Oos Rand Radio Klub se Algemene Jaarlikse vergadering.

Alle lede word gevra om asb. die vergadering by te woon.

Sal gehou word by die klubhuis

Ebenezer str
Arrowe Park
Benoni

Kontak vir Judy vir meer inligting via epos zs6erb@gmail.com of via foon 0797302030

****KZN HAB belangegroep lanseer 'n hoë vlug ballon deur ZS5LT en ondersteunings span.

Lanseer datum: 6th September 2015
Lanseer terrein: Howick Airfield FAHC 29 33.10 S 030 12.40 E
Lanseer tyd: 7 am ( alles afhangend van weersomstandighede).

Baloon grote: 1200gr latex weer ballon
Vervaardiger; Pawan India
Aanvangs Deursnee: 2m
Bars Deursnee: 9.2m
Bars hoogte: 32 000m
Bars tyd: 3.2 hrs

Loonvrag Telemetrie 434,650mhz USB RTTY
Data oordrag snelheid 50
Carrier Shift 425
Bits per Karakter 7
Pariteit None
Stop bit 1
(gebruik DL Fldigi in HAB mode)

Die Baloon kan opgespoor word op tracker.habhub.org

Jou eie opsporings riglyn SDR: ukhas.org.uk/guides:sdr_tracker

Opsporingssagteware; ukhas.org.uk/projects:dl-fldigi


**Spesiale geleentheidstasie ZS9HEL
Oor die naweek van 24 tot 27 September 2015 gaan 'n groepie amateurs uit die Wes Kaap en Noord Kaap 'n spesiale geleentheidstasie oprig in Gamkaskloof, ook bekend as "Die Hel".
Die spesiale roepsein ZS9HEL is vir hierdie geleentheid goedgekeur. Kontakte sal hoofsaaklik op foon wees op die 80, 40 en 20m bande maar daar sal ook 'n 160m antenna opgestel word. Luister uit vanaf Donderdag 24 September tot en met Sondag 27 September vir hierdie spesiale geleentheid. Papier QSL sal via die buro wees maar Suid Afrikaanse stasies kan die SA-QSL stelsel gebruik asook e-QSL.

**Aansoeke om lidmaatskap van die SARL is van die volgende persone ontvang:

. ZS6DRH: Dr Heinrich Walter Hoehler
. ZS1LJ: L Jordan
. ZSL1168: Lezell Poole
. ZS6CNS: Celeste Searle
. ZS1KB: Johan Landman

Enige besware teen die aanvaarding van lidmaatskap-aansoeke moet die Sekretaris bereik voor of op die Dinsdag na hierdie bulletin.
Lidmaatskap van die SARL is tans 1453 plus 38 geaffilieerde klubs.

** Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan wees met net 'n paar klein sonvlekke sigbaar.

Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer 24 vir die week gebruik.

Amateurs kan veral laatmiddag en gedurende die aande goeie openinge op die 20 tot 15 m DX bande verwag.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.


En nou vir die dagboek van gebeure

Vandag 6 September – sluitingsdatum vir die HF gelykgolf logstate
12 en 13 September – SARL Nasionale Velddag
19 September – Amateurradio in Aksie, Pretoria
19 en 20 September – die SARL BHF/UHF kompetisie

Om hierdie bulletin te beëindig, 'n herhaling van ons belangrikste item in die nuus vanoggend.


**HAMNET beplan ʼn nasionale 24 uur kommunikasie oefening aan die einde van Oktober 2015. Hierdie is die 4de weergawe van die HAMNET kommunikasie oefening wat vroeër as ʼn winter oefening gehou was. Die oefening sal gehou word vanaf 12:00 op 24 Oktober tot 12:00 op 25October 2015.

** Die 50 jarige amateur radio fees was 'n reuse sukses! Tydens die geleentheid het die amateurs 'n monster grootte multi-golf 160m antenna gespan. Dit is op die lug getoets en alle kontakte met ZS50SRK sal met 'n geleentheid QSL kaartjie beloon word.



Luister elke Sondagoggend om 10:00 sentraal Afrika tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 sentraal Afrika tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Etienne Naude, ZS6EFN, geredigeer deur Vivian Dold, ZS6VD, en gelees deur Johan Keulder, ZS6BXL.

Die Afrikaanse nuus span groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens

73 en dankie vir die luister

/ EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003